Ekerk wil graag ook saam met jou op die voetspore van Jesus, Paulus, Johannes en vele ander Bybelfigure loop. Daarom hou ons elke jaar een of twee Bybelskooltoere na Israel of Turkye en Griekeland.
Nee, dit is nie maar net ‘n kommersiële toer elke keer nie.
Ons doen ‘n Bybelskool op die roete van die verskillende Bybelse figure. Dit is elke slag ‘n aardskuddende belewenis.
In 2012 gaan ons op Paulus en Johannes se roetes loop in Turkye en Griekeland vanaf 28 September. Laat staan alles en kom saam met my om nuwe geheime te ontdek vanuit God se Woord.
En ook later in 2012 is daar ‘n opwindende geleentheid om Israel te sien saam met Johan Smith. Die “Gospel Israel Gala 2012″ toer skop ook af op 28 September.
Stephan Joubert